Home Sport Bowls Franskraal Rolbalklub: Archie Chambers gekies as Boland Keurder

Franskraal Rolbalklub: Archie Chambers gekies as Boland Keurder

1581
0

Baie geluk aan Archie Chambers, Klubkaptein van Franskraal Rolbalklub, met die groot eer wat hom te beurt geval het.  Archie is as Boland Keurder vir die o/20 en o/15 rolbalspelers gekies.

Dit het meegebring dat Archie op Sondag 22 Augustus 2021 ‘n proewe-dag vir die jong spelers in Swellendam namens die Overbergstreek bygewoon het.  Archie sê die klubs wat kinders ingeskryf het, is: Franskraal 4; Villiersdorp 1; Barrydale 13; Hermanus 2; Swellendam 4; Bredasdorp 3; Caledon 1.

 

 

 

 

“Ons het twee spanne elk van die o/20 en o/15 spelers gekies, maar die spelers se name is nog nie bekend gemaak nie, aangesien Bolandbestuur dit eers moet goedkeur,” vertel Archie.  Die spelers sal later vanjaar op 6-7 Oktober 2021 teen spanne van die Westelike Provinsie, Eden, Sentraal Karoo, Wynland en die Weskus speel.  Die toernooi word die Envar Buys Toernooi genoem en sal by Langebaan Rolbalklub gespeel word.  Franskraal se vier jong rolbalspelers is Deemo Baardman, Ranwill Dickson, Junaldo Manuels en Gerswin Jumat.

Die klubdae is:

Tabs-in: Dinsdae, Donderdae & Saterdae om 13:30.

Archie Chambers, Klubkaptein, kan vir navrae by 082 468 8765 gekontak word.

Hardus Botha

Previous articleGansbaai Posduifklub:
Next articleOverberg skaakspan verower Goue Beker