Home Sport Pigeon Gansbaai Posduifklub:

Gansbaai Posduifklub:

1301
0

“Elke donkerwolk het ‘n silwerrandjie, selfs vir die duiwesport!”

Soos lesers sal onthou het ek verlede week berig oor die diefstal van resiesduiwe uit die duiwe-trok wat by die oorslaapplek te Victoria-Wes gesteel is.  Waar dit nie net ‘n groot verlies was aan duiwe nie, maar ook ‘n groot verlies aan geld, want sommige van die duiwe was duisende rande werd.  Soos u kan dink het alle duiweboere in die omgewing en die bestuur van die onderskeie unies op die duiwe-trok nie ‘n steen onaangeraak gelaat nie, maar wyd en syd gesoek na die duiwe.  

Groot was die vreugde toe die duiwe Dinsdag opgespoor is, en na die polisie ingegryp het, het een van die Kaapse voorsitters die duiwe gaan haal (sien fotos).  Alhoewel baie verwaarloos, is hulle terug by hulle eie huise en sal in ‘n japtrap weer fiks wees vir resies.  Voorwaar elke donkerwolk het ‘n silwerrandjie.  

Nou weer terug by verlede week se resies.  By Dinsdag is besef dat Saterdag buite die kwessie gaan wees vir Beaufort-Wes weens swak weer.  Die bestuur het toe besluit dat die duiwe Saterdagmiddag gemandjie sou word en dat die wedvlug Sondag sou plaasvind.

Verlede Sondag was toe ‘n mooi dag, maar net baie koud.  Die jong duiwe is om 08:30 in Beaufort-Wes gelos en die ope duiwe om 09:00.  Dit was natuurlik ‘n kortpadresies van 390km.  Die eerste duiwe land om 13:02 in Gansbaai en dit nogal ‘n junior lid se duiwe.

Uitslag:

Jaaroud: Johannes Germishuys 1, 15; Ruan Kruger 2, 9; Louis Groenewald 3, 11; Marisca Fourie 4, 13; Japie Swart 5, 7, 12, 14; We-An Germishuys 6, 19; Jurie Swart 8; Danielle-Ann Stevens 10; Charl Kruger 16, 17, 18; Norman Stevens Snr 20.  

Ope wedvlug: An-Mari Germishuys 1, 2, 14, 18; Jurie Swart 3, 4, 5, 19, 20; Ruan Kruger 6; Louis Groenewald 7, 16; Charl Kruger 8, 9, 11, 15; Japie Swart 10; Marisca Fourie 12; Norman Stevens Snr 13; Carli Swart 17.

Unie-uitslae:

Jaaroud: Johannes Germishuys 3; Ruan Kruger 5, 16; Louis Groenewald 7, 19; Marisca Fourie 8; Japie Swart 10, 12; We-An Germishuys 11; Jurie Swart 13, 20.

Ope kant: An-Mari Germishuys 11, 12; Jurie Swart 14, 16, 17; Ruan Kruger 19.

Baie geluk aan die wenners en in besonder geluk aan die Germishuys gesin.  

Groetnis tot volgende keer.

André Vorster

072 248 8818

Previous articleMeer as net gewone koerierdienste
Next articleFranskraal Rolbalklub: Archie Chambers gekies as Boland Keurder