-Gansbaai Couriers-
Gansbaai Couriers kan daarop roem dat hulle meer as net gewone koerierdienste lewer: hulle vervoer nie net pakkies nie, maar ook enige ander items, klein of groot, selfs skilderye, beddens en veel meer – teen bekostigbare pryse. Riana Coetzee is die eienaar en beskik oor baie jare se ervaring. “Baie dinge het verander sedert Peter Huyser laas die eienaar was,” vertel Riana. “Dit is vir ons ‘n groot eer om te sê dat ons oor betroubare personeel, voertuie en veel meer beskik.”
Peter het later besluit om die besigheid permanent te sluit. Riana het, hoofsaaklik ter wille van die personeel wat hul werk sou verloor, besluit om die besigheid in Mei 2021 te koop. Haar man, Jannes Coetzee, mede-eienaar van Computer Hut, het haar ondersteun. Jaco Visser tree tans op as Bestuurder. Naas Riana en Jannes is daar nog vyf personeellede: Jaco Visser, Nicolene Visser, Jaco Fortuin, Surida Germishuys en Marius Richter. Riana is ook die eienaar van Coetzee & Co Accountants – beslis ‘n bedrywige egpaar, sou mens kon sê.
Gansbaai Couriers se fokus is om ‘n unieke oplossing te bied, terwyl die kompeterende tariefstruktuur steeds behoue bly. Hierdie fokus lei daartoe dat kliënte opsies gebied word, wat voorheen nie deur ander firmas beskikbaar was nie. “Ons het die fokus na die kliënt verskuif, en dit is een van die belangrikste onderskeidingspunte wat ons van ander firmas skei.” Deur van Gansbaai Couriers gebruik te maak, ontvang kliënte ‘n vervoeroplossing wat ontwerp is om aan hul spesifieke behoeftes te voldoen.
Gansbaai Couriers se Grond Beginsels vir diens is: Diens: verbetering van diens deur middel van kommunikasie; Integriteit: doen wat hulle sê; Bewustheid van koste: hulle koste en die kliënt se koste; Verbintenis: toewyding aan die proses en die opvolg daarvan; Konsekwentheid: wees konsekwent in alles.
“Ons doel is en was nog altyd om so veel as moontlik werkskepping in die gemeenskap te verseker,” sê Riana. “Ons is daarvan oortuig dat, met die ondersteuning van al ons bestaande kliënte in Gansbaai, dit steeds moontlik sal wees.” Riana en haar span daag almal uit om van hulle dienste gebruik te maak.
Roetes wat deur Gansbaai Couriers op ‘n daaglikse basis gery word, is Gansbaai, Pearly Beach, Stanford, Hermanus, Kleinmond, Betty’s Baai, Pringle Baai, Rooi Els, Grabouw, Gordonsbaai, Strand, Somerset-Wes, Groter Kaapstad, Stellenbosch en die Paarl. Roetes wat op Woensdae en Vrydae gery word, is Caledon, Greyton, Riviersonderend, Napier, Bredasdorp, Arniston, Struisbaai, Agulhas, Elim, Baardskeerdersbos en Pearly Beach.
Hulle bied ook ‘n baie bekostigbare Nasionale diens via hulle franchise vennoot, Fastway Couriers, aan.
Gansbaai Couriers is geleë in Dirkie Uys straat 6, op die hoek van Dirkie Uys- en Markstraat. Vir flink koerierdienste kan hulle by 028 384 0839 of 079 787 7709 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan info@gcourier.co.za.
Hardus Botha