“Ek is baie trots op my seun, Jawon Gabriels wat deel van die skaakspan was wat die pragtige, goue beker verower het,” vertel Janeane Gabriel, bestuurder van Ackerman’s, Gansbaai. Jawon (13) is ‘n Gr 8 leerder aan die Hoërskool Bredasdorp. Hy was deel van die o/16 skaakspan en, behalwe vir die span se Goue Beker, is elke spanlid met ‘n goue medalje beloon.
Die span het die Overberg Chess Federation in die skaaktoernooi, Coast to Coast Rural Cup, verteenwoordig. Die span is saamgestel uit spelers van Gansbaai, Hermanus, Barrydale, Swellendam en Kleinmond. Baie geluk aan hierdie gedugte skaakspan vanuit die Overberg.
Hardus Botha