Die naweek se twee groot Rolbaldae
Franskraal Rolbalklub het Vrydag, 17 en Saterdag, 18 September 2021 twee groot rolbaldae aangebied. Na Saterdag se wedstryd het die groep met ‘n gesellige braaivleis afgesluit. Met die groot aantal foto’s van die wenners, moes enkele aksie-foto’s maar oorstaan.
Vrydag was dit die Alison Coetzee Audiology Toernooi wat in Franskraal deur die klub aangebied is. Die dag is deur Alison Coetzee Audiology van Hermanus geborg.
Die wenners:
1ste plek: Pierre Theron (President), Charl Conradie en Jaco Swart.
2de plek: Diane Roodtman, Pierre Theron (President) en Lani Swart.
3de plek: Michael Vermeulen, Pierre Theron (President) en René Swanepoel.
Saterdag was dit die Gert Pretorius Dag. Hierdie rolbaldag word al vir ‘n hele paar jaar by die klub aangebied. Dit word deur Marie Pretorius & Seuns geborg.
Die wenners:
1ste plek: Marlene van Rooyen, Mike Ponyecz, Marie Pretorius (Borg), Jaco Swart en Archie Chambers (Klubkaptein).
2de plek: Hilda De Jager, Marie Pretorius, René Swanepoel, Archie Chambers en Edward De Kock.
3de plek: Charl Conradie, Marie Pretorius, Johan en Suzette Wiese en Archie Chambers.
4de plek: Danie Delport, Marie Pretorius, Diane Roodtman, Hannali Kitshoff en Archie Chambers.
5de plek: Yvonne Ponyecz, Marie Pretorius, David Roos en Archie Chambers.
Die klubdae:
Tabs-in: Dinsdae, Donderdae & Saterdae om 13:30. Archie Chambers, klubbestuurder, kan vir navrae by 082 468 8765 geskakel word.
Hardus Botha