Bonnievale en Worcester se Rolbal Toernooie
Rolbalspelers van Franskraal Rolbalklub het verlede naweek onderskeidelik in Bonnievale (dames) en Worcester (manne) aan twee Rolbal Toernooie deelgeneem.
In Bonnievale was dit die Build & Save Lentetoernooi wat op Saterdag 4 September 2021 aangebied is. Die dames wat die klub daar verteenwoordig het, is Lani Swart, Diane Roodman en Renet Grobler. “Ongelukkig het ons niks vermag nie, maar wel goeie vriende gemaak,” vertel Renet.
In Worcester het die manne aan die 2-bal Tripstoernooi deelgeneem. Die drie wat die klub daar verteen woordig het, is Johan Wiese, Danie Delport en Kokkie de Kock. “Ons het redelik goed gevaar,” vertel Johan Wiese. “Sewe wedstryde is oor twee dae gespeel, waarvan ons 3 gewen en 4 verloor het.” Johan het die wedstryde as baie “tough” beskryf, aangesien die meeste spelers teen hulle Springbok-, WP- en Bolandspelers in die spanne gehad het.
Die klubdae is:
Tabs-in: Dinsdae, Donderdae & Saterdae om 13:30.
Oefendae by Archie Chambers: Maandae, Woensdae & Vrydae.
Vir enige navrae kan Archie Chambers, klubbestuurder en afrigter by 082 468 8765 geskakel word.
Hardus Botha