Cecil Galloway ‘blom’ op Lentedag
Cecil Galloway het rustig vir Lentedag op Woensdag 1 September 2021 gewag en palm toe die Sloegterskompetisie met 37 punte in en as ‘n ekstra ‘blommetjie’ teken hy terselfdertyd ‘n Spog Twee aan op putjie no 8.
Dit was onlangs maar ‘n droewige tydjie vir al ons gholfers met die klub wat vir ‘n week gesluit was. Dit was as gevolg van gesondheidsprotokol, die nat en koue weer, asook die hollowtyning van die setperke op Saterdag en Sondag, 4-5 September 2021. Genadiglik kon die baan darem weer op Woensdag 8 Augustus 2021 open.
Woensdag 25 Augustus:
Phillip Taylor wen die Sloegterskompetisie met 42 punte, gevolg deur Wally van Coller 37, Solly Wessels 36, Cecil Galloway 35, Johan Coetzee 32, Marietjie de Villiers 32, El Matthee 31, Leon Lombaard 30, Johan Pieterse 29 en Fanus Walters 29.
Dawie Viljoen teken ‘n Arend aan op putjie no 6.
Woensdag 1 September:
Cecil Galloway wen die Sloegterskompetisie met 37 punte, gevolg deur Wally van Coller 34, Clive Bailey 32, El Matthee 32, Hugo Groenewald 31, Johan Pfister 30, Solly Wessels 29, John Wellman 29, Johan Coetzee 28 en Pietie Dry 28.
Spog Twee’s word aangeteken deur Cecil Galloway op no 8 en Johan Coetzee op no 17.
Saterdag 11 September:
Kompetisie is ‘n 4BBB Stableford.
Saterdag 25 September:
Die klub borg weer al die pryse en die formaat is ‘n 4BBB Stableford (Preferred Drive). Daar is pragtige vleispryse om te wen. Kom en ondersteun die klub, speel lekker gholf en geniet ‘n heerlike dag in goeie geselskap!
Verjaarsdae:
Neil Harrison (5e), Hennie Gerber (6e), Bertie Laubscher (9e), Johan Pfister (12e), Paul de Villiers (12e), Johan du Preez (14e), Adriaan Kloppers (14e), Willem Germishuys (15e) en Marius Meyer (16e).
Vriendelike groete,
Johan Coetzee
082 878 0534
gbgholf@gmail.com