Home Sport Golf Gansbaai Gholfklub: Cecil en Joe

Gansbaai Gholfklub: Cecil en Joe

1133
0

Cecil en Joe stap met 4BBB-louere weg

Die spanmaats, Cecil Galloway en Joe Cesare het Saterdag 11 September 2021 die 4BBB Stableford met 45 punte gewen het.  Solly Wessels teken in dieselfde kompetisie ‘n Spog Twee op putjie no 17 aan.

Woensdag 8 September:  

Phillip Taylor wen die Sloegterskompetisie met 40 punte, gevolg deur Cecil Galloway 38, Wally van Coller 37, Clive Bailey 36, Daan Victor 36, Nico Jones 35, Johan Pfister 35, Johan Coetzee 34, Bev Swart 33 en Rene Myburgh 33.

Vrydag 10 September:  

Sakkie van der Merwe wen die OK Foods 9-putjie kompetisie met 16 punte, en John Smith was tweede met 14 punte.

Saterdag 11 September:  

Cecil Galloway & Joe Cesare wen die 4BBB Stableford met 45 punte, gevolg deur Bev Swart & Johan Coetzee 43, Solly Wessels & Stephen Brown 42, Solly Wessels & Wally van Coller 41, Clive Bailey & Daan Victor 37 en El Matthee & Marietjie de Villiers 35. 

Solly Wessels teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 17.

Saterdag 18 September:  

Kompetisie is ‘n Enkel Stableford.

VERDUIDELIKING VAN NUWE VOORGEE KOMPETISIEREëLS:  

Enkel Stableford speel jy vanaf 95% van jou baanvoorgee.

Betterball speel jy vanaf 85% van jou baanvoorgee.

Let wel:  

Alle spelers moet eers registreer by die HNA terminaal om te sien wat hul baanvoorgee is voordat hulle in die kompetisie afslaan.  Spelers kan gediskwalifiseer word as hulle van die verkeerde voorgee af speel.

Saterdag 25 September is die Lente Gholfdag, en die pryse word deur die Gholfklub geborg.  Die formaat is ‘n 4BBB Stableford (Preferred Drive).

Groete,

Johan Coetzee  

082 878 0534

gbgholf@gmail.com

http://gansbaaigolfclub.

Previous articleGansbaai Posduifklub:
Next articleOverberg Kushengelklub: