Bev Swart palm Enkel Stableford in
Saterdag 18 September 2021 was dit Bev Swart se beurt om die Enkel Stableford kompetisie met 36 punte in te palm.
In dieselfde kompetisie teken Joe Cesare ‘n Spog Twee aan op putjie no 11, asook Johan Pfister, ook op putjie no 11.
George Hunt wen Woensdag se Sloegterskompetisie met 41 punte en teken terselfdertyd ‘n Spog Twee aan op putjie no 11.
Dit wil voorkom asof putjie no 11 die ‘wenner-putjie’ vir die week was.
Woensdag 15 September:
George Hunt wen die Sloegterskompetisie met 41 punte, gevolg deur Marietjie de Villiers 39, Bev Swart 39, Wally van Coller 37, Daan Victor 36, Johan Pfister 34, Joe Cesare 33, Johan Coetzee 32, Koos Myburgh 32 en Solly Wessels 32.
George Hunt teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 11.
Vrydag 17 September:
Pietie Dry wen die OK Foods 9-putjie kompetisie met 18 punte, gevolg deur Sakkie van der Merwe 16, Ken Aiken 16, John Smith 15, Johan Paulsen 14, Owen Huxham 13, Deon Momberg 10 en Pieter Uys 9.
Saterdag 18 September:
Bev Swart wen die Enkel Stableford kompetisie met 36 punte, gevolg deur Leon Lombaard 35, Clive Bailey 35, Cecil Galloway 34, Wally van Coller 33, El Matthee 32, Johan Pfister 31, Marietjie de Villiers 30, Hugo Groenewald 29 en Willem Germishuys 28.
Spog Twee’s word aangeteken deur Joe Cesare (11) en Johan Pfister (11).
Sondag 19 September:
Marie Fourie wen die 9-putjie Enkel Stableford kompetisie met 21 punte, gevolg deur Malcolm Bury 20, Marietjie de Villiers 19, Du Toit van Sittert 19, Willem Germishuys 18 en Hennie Kriel 17.
Vrydag 24 September:
Die 9-putjie kompetisie word ook deur die Klub geborg as deel van die Lente-Borgdag. Die pryse aan die wenners van die Vrydag-kompetisie word saam met Saterdag se wenners uitgedeel.
Saterdag 25 September:
Die Lente-Borgdag word deur die klub geborg en die formaat is ‘n 4BBB Stableford (Preferred Drive). Die halfweg-ete word ook deur die klub geborg.
Vrydag 1 Oktober:
Steak Aand – kom geniet die langer ure om saam met vriende te ontspan!
Verjaarsdae:
Piet du Toit 19de, Dawie Viljoen 26ste en Awie van der Merwe 28ste.
Groete,
Johan Coetzee (082 878 0534)
gbgholf@gmail.com
Webtuiste: gansbaaigolfclub.com