Home Sport Pigeon Gansbaai Posduifklub: Bekommerd, maar tog opgewonde

Gansbaai Posduifklub: Bekommerd, maar tog opgewonde

1711
0

Dit is hoe die Gansbaai duiweboere en boerinne gevoel het oor verlede week se wedvlug, onderskeidelik vanaf Bloemhof (975km) en Modderrivier (790km).  Dit was nie net die langste wedvlug van die seisoen nie, maar die punte vir die wedvlug was ook broodnodig om te kon bepaal wie hierdie jaar die klubkampioen gaan wees.  

Ná hierdie wedvlug is daar nog net Hopetown 1 en 2 (690km), Victoria-Wes 1, jaar oud en 2 en ope (500km), Kimberley 1 en 2 (730km), asook die laaste wedvlug van die jaar, weer vanaf Hopetown 2 en 3 (690km).  As ‘n mens kyk na die puntestand voor verlede week se wedvlug, besef jy dadelik dat daar baie klippe, of in duiwetaal, mielies gekou gaan word voor die Gansbaai Posduifklub se klubkampioen van die jaar gekroon gaan word.  

Dit is dan ook dieselfde geval in die Overberg Unie.  Hier is die stand van sake in Gansbaai Posduifklub se puntestand voor verlede week soos volg: Louis Groenewald 1; An-Mari Germishuys 2; Jurie Swart 3; Japie Swart 4; Charl Kruger 5.  Hierdie manne en dame verskil 19 punte van die 1ste tot die 5de plekke.  

Daarna is dit Ruan, Norman, Danielle-Ann, Marisca, Carli, Hilton, Norman Snr, We-An, Luhann, Ashlen, Allen, Johannes en Fritz.  In die Overberg is dit ‘n perd van ‘n ander kleur.  W en M Smith (Caledon en verlede jaar se kampioen) 1; G Daniels (Middelvlei) 2; E van Zyl (Bredasdorp) 3; An-Mari Germishuys (Gansbaai) 4; Japie Swart (Gansbaai) 5; L Groenewald (Gansbaai) 6; C Kruger (Gansbaai) 9; G & T Lourens 10.

Soos gesien kan word, ‘n duiweboer kan uitstekend by jou klub klok, maar ‘n slegte plek in die Unie kry.  Dan skuif jy af op die punteleer.  Maar toe breek verlede Saterdag aan, met ‘n stewige wind van agter tot by die huis.  Die vraag was toe of die Bloemhof-duiwe die aand by die huis gaan opdaag, of gaan hulle soos vorige jare eers Sondag arriveer.  Die duiwe is om 06:30 by Bloemhof losgelaat, asook by Modderrivier.  Almal het verwag dat die duiwe vanaf Modderrivier om en by 16:00 sou arriveer en vanaf Bloemhof miskien voor sononder, aangesien die wind van agter gewaai het. 

Groot was die verrassing toe die Modderrivier-duiwe om 13:03 arriveer en die Bloemhof-duiwe om 14:38.  Dit is merkwaardig indien in ag geneem word dat hulle 120km per uur, of dan 200 meter per minuut gemiddeld oor die afstand gevlieg het.  Nie net maak dit die vinnigste wedvlug vir hierdie jaar nie, maar ook vir die afgelope 5 jaar, wat ‘n pragtige prestasie is.  Die duiwe-boere het toe ook Saterdag om 18:00 uitgelui.  Toe wag daar ‘n tweede verrassing: die klub se junior, We-An Germishuys, wen die Modderrivier-wedvlug met ‘n volle 8 minute.  Nog ‘n junior van die klub, Marisca Fourie, se duiwe vlieg 2de vanaf Bloemhof – welgedaan.  

Volledige uitslae:

Modderrivier: We-An Germishuys 1; Norman Stevens 2, 3, 4; Jurie Swart 5, 7, 9, 12, 20; Charl Kruger 6, 8, 10; Carli Swart 11; An-Mari Germishuys 13, 14, 15, 19; Japie Swart 16, 17; Ruan Kruger 18.  

Bloemhof: Japie Swart 1, 19; Marisca Fourie 2, 16; Louis Groenewald 3, 4, 15; Norman Stevens Snr 5, 9; Danielle-Ann Stevens 6; Jurie Swart 7, 10, 13, 17; Carli Swart 8, 19, 20; Norman Stevens 11, 12, 14.  

Unie-uitslae vir Gansbaai:

Previous articleFranskraal Rolbalklub: Die naweek se twee groot Rolbaldae
Next articleBlompark Housing Project realise after years