Home Business Ontmoet ons Eiendomsagente -Realtors International-

Ontmoet ons Eiendomsagente -Realtors International-

1848
0

Henry Hall is as uitvoerende direkteur en prinsipaal van Realtors International (Boland en Overstrand) lief vir die omgewing se mense en hulle warm gasvrye kultuur.  Sy passie vir die eiendoms- en beleggingsmark is van jongs af geprikkel in sy ouerhuis op Worcester, waar sy ouers altwee aktief in die eiendoms- en beleggingsmarkte betrokke was.  

Na skool het Henry sy kennis verbreed deur argitektuur te gaan studeer en homself as prinsipaal te kwalifiseer, asook as moderator en assessor in die eiendomsbedryf.  Daarna het hy ook deeltyds eiendomswaardering studeer.  Hy was nog altyd mal oor die see en was so bevoorreg om sy diensplig in die Suid-Afrikaanse Vloot te doen.

Hy sê met ‘n warm glimlag: “Ek  is ‘n gesinsman, mense mens en is vir altyd verlief op my vrou, Diana.  By die see kraak en ruik ‘n Rooikrans vuurtjie mos anders, potjiekos se aroma is geuriger en ‘n Bolandse of Overstrand wyntjie ruik lekkerder.  Daar is vir ons niks beter in die lewe as om saam met ons kinders by ons huisie, Patmos, in Uilenkraalsmond om die tafel op die stoep te kuier nie.  Ek dink ons is nou so reg vir kleinkinders soos mens kan wees!”

Henry sê hy het baie vertroue in die groei-potensiaal van Groter Gansbaai.  Die moontlikheid van ‘n Daghospitaal wek ook opgewondenheid by hom.  “Die omgewing het die regte ekonomiese merkers om te ontwikkel in baie meer as net ‘n vakansiebestemming,” sê hy.  “Ek hou al baie jare hier vakansie en het my vertroue in die Overstand-area bevestig toe ek die geleentheid aangegryp het om so 4 jaar gelede ‘n Realtors International-tak hier te vestig.”  Hy sê die omgewing het nog altyd oor jare heen goeie waarde vir toekomstige huiseienaars en beleggers gebied.  Hy is van mening dat eiendom, as deel van mense se protefeulje, nou weer deur die pandemie bewys het dat dit een van die beleggings is wat nie waarde verloor nie.” 

Henry praktiseer al meer as 35 jaar as vennoot saam met Lorenzo Viljoen in hulle besigheid, Bouplan Argitektuur, asook as eiendomsprinsipaal van hulle eiendomskantore wat in die Boland en Overstrand ‘n diens lewer.  Die Boland-kantoor bedien Worcester, Rawsonville en De Doorns.  Hulle beoog ook om na Robertson, Villiersdorp, Caledon, Ceres en die Paarl uit te brei.

“Opleiding en die ontwikkeling van mense is vir my ‘n passie,” sê Henry.  “Ek sien persoonlik toe dat die span deeglik opgelei is en eerlike, opregte diens aan verkopers en kopers lewer.”  Hy beskou dit as uiters belangrik dat hulle die regte kennisvlakke bereik om markgerigte waardasies te kan doen.  Daarmee saam moet hulle met behulp van ‘n doelgerigte bemarkingsplan die maksimum blootstelling aan verkopers se eiendom gee.

Die Gansbaai-kantoor verkoop residensiële eiendom, asook kleinhoewes in die hele Overstrand-area, wat Stanford, De Kelders, Perlemoenbaai, Gansbaai, Danger Point, Kleinbaai, Klipfontein, Franskraal, Uilenkraalsmond, Pearly Beach en Baardskeerdersbos insluit.

Die Overstrand-kantoor verkoop ook industriële en kommersiële eiendomme, plase en besighede.  Dit geskied in samewerking met Henry en Kobus Crafford, wat ‘n gekwalifiseerde rekenmeester met meer as 20 jaar ondervinding in die eiendomsbedryf het.  

Henry het, as gevolg van sy argitektoniese en waardasie agtergrond, hom as ‘n spesialis ontwikkelingskonsultant gevestig.  Hy konsulteer op ‘n gereelde basis met ontwikkelaars in die omgewing oor beleggingsgeleenthede en help ook verkopers om hulle eiendom op ‘n plot-en-plan basis deur die Overstrand-tak te bemark.

“Die Vader het my geseën met ‘n pragtige span hardwerkende medewerkers in die Gansbaai-kantoor.  Charmaine Smith (076 396 7771) neem die leiding as bestuurder.  Dan is daar die span professionele agente: Soreta Volschenk (072 416 5006), Gerhard le Roux (083 260 9244) en Stefan Joubert (064 968 3648).

Vir die bemarking van alle ontwikkelings, raad oor ontwikkelings, plotte en plan-transaksies, asook argitektuur, kan Henry Hall by 083 227 6827 geskakel word.  Besoek gerus hulle webtuiste by www.worcesterproperty.co.za of www.rigroup.co.za

Hardus Botha

Previous articleHalf a ton waste for International Coastal Clean-up
Next articleOmhels die Lewe!  ‘Embrace Life’!