Home Sport Erfenisnaweek se 3 Bergfietsroetes

Erfenisnaweek se 3 Bergfietsroetes

1517
0

Gansbaai Mountain Bike Rides & Routes (MTB), onder leiding van Amy Brown, het drie verskillende bergfietsroetes gedurende Erfenisnaweek gerëel: ‘n Gesinsroete, ‘n Tegniese-roete en die bekende (en tawwe!) Luislangroete (King & Queen Ride).

“Die maklike gesinsroete was deur die pragtige Romansbaai en ‘n bonus was die gratis wildfietsry,” vertel Amy.  “Oupa Niel Lotter en sy twee kleinseuns, Christiaan en George het die eerbewys behaal.”  Sy sê die pragtige en skilderagtige roete langs Kolgansbaai af na Danger Point en langs Klipfontein en Franskraalstrand terug, was baie gewild.  Amy sê sy is versoek om hierdie roete gereeld aan te bied.  Die manswenner was Hartmut de Wet en die dameswenner Ronelle de Wet.

Die tawwe Luislangroete ‘King & Queen’ het by Groeneweide begin en bokant Grootbos geëindig.  “Die roete is sowat 14km lank, maar met ‘n klim van 300 meter TT (tydtoets).  Die manswenners was JC Lotter (1ste) van Kaapstad, met ‘n tyd van 40 minute en 40 sekondes, Riaan Smith (2de) van Kaapstad en Frank Stenri (3de) van Velddrif.  Die dameswenners was Amy Brown (1ste) van Gansbaai, met ‘n tyd van 47 minute en 05 sekondes, Michelle Stenri (2de) van Velddrift en Mariette van Heerden (3de) van Kaapstad.  Die laaste deelnemer was Craig Poolman, wat ‘n bottel Strandveld ‘Poffader’ wyn met sy laaste plek ingepalm het.  “’n Baie belangrike aspek van ons klub om van kennis te neem, is dat álle fondse wat ingesamel word uitsluitlik vir liefdadigheid gaan,” sê Amy.  “In hierdie geval is ‘n oorhandiging aan BARC gedoen.”

Die Gansbaai Mountain Bike Rides & Routes link is: https://www.facebook.com/Gansbaai-Mountain-Bike-Rides-Routes-581130355865538/

Hardus Botha

Previous articleWorld with a Wendy-house built on Mercedes “
Next articleGansbaai Posduifklub: Getrou soos ‘n duif