Home Sport Golf Cobus en Johan blink uit in 4BBB Stableford – Gansbaai Gholfklub

Cobus en Johan blink uit in 4BBB Stableford – Gansbaai Gholfklub

1426
0

Cobus en Johan blink uit in 4BBB Stableford

Cobus Dippenaar en Johan Pieterse wen die 4BBB Stableford (Preferred Drive) met 48 punte.

Spog Twee’s vir Marietjie de Villiers (11) en Bev Swart (17).

Woensdag 22 September:  

Hugo Groenewald wen die Sloegterskompetisie met 38 punte, gevolg deur Marietjie de Villiers 38, Daan Victor 37, Joe Cesare 37, Bev Swart 36, Leon Lombaard 36, Johan Coetzee 35, John Wellman 35, Johan Pfister 34 en Clive Bailey 33.  

Spog Twee’s word aangeteken deur Marietjie de Villiers (11) en Bev Swart (17).

Vrydag 24 September: 

David Sawtelle wen die Lente 9-putjie kompetisie met 17 punte, gevolg deur Cecil Galloway 16, Sakkie van der Merwe 15, John Smith 15, A Laubscher 14 en Kenny Aiken 14.

Saterdag 25 September:  

Dit was die Lente Borgdag, met 58 spelers wat deelgeneem het.  Die baan was in ‘n uitstekende toestand, die skoonvelde was pragtig gesny en die geel blomme het die hele baan opgehelder!  Die setperke herstel pragtig na die hollowtyning.  Die klublede bedank graag vir Bev Swart, Welcome Wulani en Yotsi vir hul uitstekende werk op die baan.  Die formaat van die kompetisie was ‘n 4BBB Stableford (Preferred Drive), en die wenners was Cobus Dippenaar & Johan Pieterse met 48 punte, gevolg deur Hugo Groenewald & Fanus Walters 48, Pieter Loubser & Du Toit van Sittert 47, Bertie Laubscher & Francois van der Merwe 46, Cecil Galloway & Anton Theunissen 46, Leon Lombaard & G Fick 45, Edward May & Petrus Dreyer 44, Marietjie de Villiers & Athol Kent 44, Bev Swart & Johan Coetzee 44, Japie Spandiel & Anthony Slabbert 43, Daan Victor & Clive Bailey 43 en Barry & Marie Fourie 43.

Sondag 26 September: 

Hennie Kriel wen die 9-putjie Enkel Stableford met 19 punte, gevolg deur George Hunt 17, Wouter Mentz 15, Leon Hattingh 15, Pietie Uys 15 en Malcolm Bury 15.

Vrydag 1 Oktober is dit weer Steak-aand.  Hoop ons sien jul almal daar – kom verwelkom die Lente met ‘n heerlike gesellige samesyn!

Saterdag 2 Oktober:  

Kompetisie is ‘n Houespel.

Groete,

Johan Coetzee  082 878 0534

gbgholf@gmail.com

Website: gansbaaigolfclub.com

Previous articleGansbaai Posduifklub: Dit was ‘n besige week vir Duiwe-boere
Next articleThe Management of Baboon Troops in Betty’s Bay, Pringle Bay and Rooiels