-Brande / Droogtes / Plaasmoorde-
uid-Afrika se ‘voedselmandjie’, ons boere-gemeenskappe regoor die land, is mense waarvoor die spreekwoordelike hoed afgehaal kan word. Vernietigende brande, droogtes en plaasmoorde is aan die orde van die dag – asof nimmereindigend. Vir ons daaglikse kos op die tafel, het ons net ons boere om dit aan ons te kan voorsien, daarom moet hulle ondersteun word. Soos die meegaande pamflet dit duidelik uitspel: “Boere is platgeslaan en moedeloos!”
‘n Enkele voorbeeld uit honderde, indien nie duisende nie, is Japie Roux, ‘n beesboer op sy plaas, Frederik in die Daniëlskuil-distrik. Japie se ouers, Wouter en Karin Roux, is vriende van ‘n bekende inwoner van Gansbaai. Sowat 1 500 hektaar, of te wel twee derdes van Japie se een plaas, is tot as verbrand. Nog twee van sy aangrensende plase is ook afgebrand en beeste, koedoes, gemsbokke en elande is doodgebrand. “Maar ons bly glo en gaan steeds aktief aan, want daar is nie sprake van selfbejammering en gaan lê nie,” het Japie die Gans-Berg Nuus telefonies meegedeel.
Nog ‘n inwoner van Franskraal vertel van naby-familie se plase in die Postmansburg-distrik wat afgebrand het. In een geval soveel as 3 000 hektaar, met baie beeste, gemsbokke, springbokke, boerbokke – selfs in die kraal is diere deur vlamme verswelg. So is daar sekerlik nog inwoners in die Overstrand wat familie of vriende in brandgebiede
het.Meegaande is ‘n pamflet van die Daniëlskuil/Koopmans Brandskade Hulpfonds, indien belangstellendes bereid is om te ondersteun.
Bankbesonderhede:
Duvenhage & van der Merwe ing
Standard Bank
Rekeningnommer:
240 906 640
Takkode: 050 302
Soos aan die begin van die berig gemeld, hier word maar na enkele voorbeelde verwys. Die feit van die saak is dat ons land se boere ondersteun moet word – daaroor kan geen twyfel bestaan nie.
Hardus Botha