Home Sport Golf Gansbaai Gholfklub: Houespel behoort aan Charlie Bent

Gansbaai Gholfklub: Houespel behoort aan Charlie Bent

1287
0

Houespel behoort aan Charlie Bent

Charlie Bent het Saterdag 2 Oktober 2021 se Houespelkompetisie met 71 net gewen.  Dis nie al nie!  Hy teken toe sommer ook ‘n Spog Twee aan op putjie no 2.

Woensdag 29 September:  Leon Lombaard wen die Sloegterskompetisie met 35 punte, gevolg deur El Matthee 33, Cecil Galloway 32, Cobus Dippenaar 31, Marietjie de Villiers 30, Wally van Coller 29, Phillip Taylor 27 en Joe Cesare 26.

Vrydag 1 Oktober:  Koos Myburgh wen die OK Foods 9-putjie kompetisie met 19 punte, gevolg deur Hennie Kriel 18, Kenny Aiken 16, Sakkie van der Merwe 16, Deon Momberg 16 en Pero Heyns 16.

Saterdag 2 Oktober:  Charlie Bent wen die Houespel kompetisie met 71 net, gevolg deur Daan Victor 72, Wally van Coller 75, Bev Swart 78, Gina Esterhuizen 78, Clive Bailey 79, Cecil Galloway 80, Willem Germishuys 82, Bertie Laubscher 82 en Johan Pfister 82.Charlie Bent teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 2.

Sondag 3 Oktober:  Stephen Brown wen die 9-putjie kompetisie met 18 punte, gevolg deur Hennie Kriel 17, Cedric Whittal 16, Marietjie de Villiers 15 en Deon Momberg 14.

Saterdag 9 Oktober:  Kompetisie is ‘n Enkel Stableford.Verjaarsdae:  Barry Fourie 1ste, Tjaart Kleu 1ste, Gabriel Theron 2de, Nico Jones 5de en Marietjie Visser 6de.

Groete,

Johan Coetzee  082 878 0534

gbgholf@gmail.com

Web: www.gansbaaigholfklub.com 

Previous articleGansbaai Posduifklub
Next articleElf jaar gelede se ‘titaniese’ stryd word voortgesit