Home Sport Pigeon Gansbaai Posduifklub: Getrou soos ‘n duif

Gansbaai Posduifklub: Getrou soos ‘n duif

978
0
qq

qq

Hier waar ek sit en skryf terwyl die wind waai soos hy net in Gansbaai kan waai, dink ek aan die gedeelte in die Bybel waar daar staan: “So getrou soos ‘n duif”. Waar in die wêreld kry mens ‘n dier wat só getrou is – hy word 700km van sy huis af losgelaat en trotseer al die elemente en gevare net om weer by sy huis en versorger uit te kom.

Dit is wat verlede week gebeur het met die Overberg Unie se duiwe toe die wedvlug vanaf Victoria-Wes, 500km ver, vir die soveelste keer as gevolg van weervoorspellings vanaf Saterdag na Sondag verskuif is. Dadelik het almal teruggedink aan die vorige week vanaf Hopetown, waar tot 50% van die duiwe tot nou toe nog nie by die huis uitgekom het nie. Gelukkig is daar nog duiwe-boere wat vreemde duiwe in hulle hokke rapporteer. Sodoende kon daar bepaal word dat van Gansbaai se duiwe in die Weskus en selfs tot in Kaapstad sit. Dankie dat daar nog sulke mense is.

Reënweer was vir verlede Saterdag voorspel, asook ‘n kopwind vanaf loslating te Victoria-Wes tot in Gansbaai. Teen Sondag is daar steeds ‘n kopwind voorspel, maar geen reën nie, wat dit makliker vir die duiwe sou maak. So breek Sondag aan en die jaaroud duiwe word om 06:30 en die ope-duiwe om 07:00 losgelaat. Die eerste duiwe het om 12:57 in Gansbaai aangekom.

Uitslae (Victoria-Wes):
Jaaroud duiwe: An-Mari Germishuys 1; Jurie Swart 2, 4, 5, 6, 9, 18; Charl Kruger 3, 10; Marisca Fourie 7; Carli Swart 8, 13, 15; Ruan Kruger 11, 16; Japie Swart 12; We-An Germishuys 14; Norman Stevens 17; Louis Groenewald 19, 20.

Ope-duiwe: Ruan kruger 1; Hilton Hitge 2, 7; An-Mari Germishuys 3, 18; Jurie Swart 4, 15, 20; Charl kruger 5, 14; Louis Groenewald 6, 8, 10; Danielle-Ann Stevens 9; Carli Swart 11, 17; Japie Swart 12; Ashlen Leonard B 13; Allen Scheepers 16; Marisca Fourie 19.

 

 

 

Unie-uitslae (Victoria-Wes)

Jaaroud duiwe: An-Mari Germishuys 9.
Ope-duiwe: Ruan Kruger 4; Hilton Hitge 5.
Victoria-Wes was ook die laaste wedvlug vir die langpad.

Middalpad: (Altwee die wedvlugte) An-Mari Germishuys 1; Louis Groenewald 2; Jurie Swart 3.

Jaaroud Middelpad: (Unie-uitslae in hakies) An-Mari Germishuys 1 (2); Japie Swart 2 (-); Marisca Fourie 3 (-).

Ope-duiwe Middelpad: Hilton Hitge 1 (4); An-Mari Germishuys 2 (6); Charl Kruger 3 (7).

Kampioene:
Middelpad Jaaroud: Japie Swart 1 (2).
Ope-duiwe: An-Mari Germishuys 1 (1).
Alle Middelpad-wedvlugte: An-Mari Germishuys 1 (2);
Alle Jaaroud-duiwe: Louis Groenewald 1 (3).
Beste Jong Duif: An-Mari Germishuys 1.

Baie geluk aan al hierdie wenners met hulle duiwe. Dit is altyd ‘n prestasie om op trots te wees. Nou is dit weer broeityd. Sien foto vir ‘n voorsmakie van wat volgende jaar op die duiwe-boere wag.

Groetnis tot volgende keer,
André Vorster
072 248 8818

Previous articleErfenisnaweek se 3 Bergfietsroetes
Next articleSoetmuisberg Kafee is KFM se wenner -Bredasdorp-