Soetmuisberg Kafee in Bredasdorp is as KFM se ‘Best Cornershop’ in die Wes-Kaap aangewys – ‘n pragtige prestasie.
Die eienaars, Johannes en Marion du Plessis voel heel trots op hierdie toekenning. “Ons beskou onsself as ‘n hoeksteen van die Bredasdorp gemeenskap,” vertel Johannes. “Ons is dankbaar vir ons ‘Supa Dupa Cornershop’.”
“Aan al ons kliente sê ons baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en ons sien uit daarna om in die toekoms vol te hou om julle op hierdie wyse te kan bedien,” het Johannes bygevoeg. “Ook ‘n baie groot dankie aan ons personeel – dit is julle wat ons die ‘Best Cornershop’ gemaak het.” Soetmuisberg Kafee is in die begin van Bredasdorp op die hoek van Lang- en Du Toitstrate geleë (regoor die laerskool) en kan by 028 424 2634 vir navrae geskakel word.
Hardus Botha