Home Nuus Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar -Ian Cunningham

Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar -Ian Cunningham

1615
0

Ian Cunningham (37), ‘n boer van Elgin en Villiersdorp, is tydens ‘n gala-geleentheid in Durbanville as die Agri Wes-Kaap Santam Landbou Jongboer van die Jaar aangewys.

Ian boer met sagtevrugte en wyndruiwe op Elgin en Villiersdorp.  Hy sê hy werk aan ‘n nalatenskap wat sinoniem is met innovasie en kwaliteit – dit is waar elke lid van sy span hulle volle potensiaal kan bereik.  “Die oordra van vaardighede en kennis is ook deel van die boustene van my boerdery,” het Ian gesê.

Jannie Strydom, Uitvoerende Hoof van Agri Wes-Kaap, sê hoewel vanjaar se deelnemers almal sterk kandidate was, het Ian aan die kompetisie se streng kriteria voldoen.  Ian sal die Wes-Kaap verteenwoordig wanneer die nasionale wenner van die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar kompetisie aangewys gaan word.

Hardus Botha

Previous articleLang Arm van die Gereg – Michael Vlok na 4 jaar eers gevonnis-
Next articleEvery Child Matters. Protecting Children is everybody’s business – It’s mine and yours! National Child Protection week – 29 May – 04 June 2022