Home Sport Overberg-kleure vir Skaak -Laerskool Gansbaai

Overberg-kleure vir Skaak -Laerskool Gansbaai

1972
0

Die trote Gansie-skaakspan van Laerskool Gansbaai, 24 van hulle, het hulle Oberberg-kleure vir skaak verwerf.

Hierdie hele 2 dosyn leerders was gekies om Overberg tydens die Westelike Provinsie Skaaktoernooi van 27-29 Mei 2022 in Worcester te gaan verteenwoordig.

Die span het in geheel baie goed gevaar.  Anke Oosthuizen, Luandi van der Linde en Michaely Arends het 4 van hulle 6 wedstryde gewen – pragtig!  Elkeen van hierdie skaakspelers is met pragtige sertifikaat beloon – ‘2022 Wes-Kaapse Skoleskaak: Individuele Kampioenskappe’.

Hardus Botha

Previous articleLegendariese Vuurtoringwagter vir 35 jaar – Koos de Kock
Next articlePearly Beach se ‘Smartieboks-huis’… met ‘n kleurvolle vrou daarbinne