Home Nuus Gansbaai Marine se Langasems: ‘n Jaarlikse Trots

Gansbaai Marine se Langasems: ‘n Jaarlikse Trots

30
0

Die jaarlikse oorhandiging van langdienssertifikate is lankal nie meer ‘n ‘snaaksigheid’ binne die geledere van Gansbaai Marine in Gansbaai Hawe nie. Elke jaar is daar ‘n hele aantal werknemers wat erkenning ontvang vir jare se toegewyde diens uit die hande van André Coetzee, Besturende Direkteur.

Dit is duidelik dat Gansbaai Marine ‘n organisasie is waar werknemers nie sommer kom en gaan nie. Hier praat ons nie van net vyf jaar of so nie – die diensjare wissel jaarliks tussen 10 en 25 jaar. Dit kan net op een ding dui: die werknemers is gelukkig, tevrede en word uitstekend na omgesien. Vanjaar is weer pragtige, geraamde sertifikate oorhandig: 10 werknemers vir 10 jaar diens en 12 werknemers vir 25 jaar diens.

2025 se Langasems

10 Jaar diens:
K Qhezu, N Mnukwa, N Faku, E M Rooi, R W Salies, S Tobias, B C Natal, J Jantjies, J Y K Jacobs en S G Brown.

25 Jaar diens:
X Ngondeka, J J Tobias, N Ngcongolo, M Valentine, S Ward, S Yana, M Wapi, M Mpendulo, Z Kotzana, F J Tobias, S G D Saul en T Qina.

Die redaksiespan van die Gans-Berg Nuus dra ook hul gelukwense oor aan die groep Langasems – dit is voorwaar iets om op trots te wees.

Hardus Botha

Previous articleWorld Health HIV/AIDS Day
Next articleKleurvolle Kousbandjie in De Kelders gevind

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here