
Dit is duidelik dat Gansbaai Marine ‘n organisasie is waar werknemers nie sommer kom en gaan nie. Hier praat ons nie van net vyf jaar of so nie – die diensjare wissel jaarliks tussen 10 en 25 jaar. Dit kan net op een ding dui: die werknemers is gelukkig, tevrede en word uitstekend na omgesien. Vanjaar is weer pragtige, geraamde sertifikate oorhandig: 10 werknemers vir 10 jaar diens en 12 werknemers vir 25 jaar diens.
2025 se Langasems
10 Jaar diens:
K Qhezu, N Mnukwa, N Faku, E M Rooi, R W Salies, S Tobias, B C Natal, J Jantjies, J Y K Jacobs en S G Brown.
25 Jaar diens:
X Ngondeka, J J Tobias, N Ngcongolo, M Valentine, S Ward, S Yana, M Wapi, M Mpendulo, Z Kotzana, F J Tobias, S G D Saul en T Qina.
Die redaksiespan van die Gans-Berg Nuus dra ook hul gelukwense oor aan die groep Langasems – dit is voorwaar iets om op trots te wees.
Hardus Botha





























