Die jaarlikse Toy Run deur verskeie motorfietsklubs, insluitend Groter Gansbaai se aktiewe klubs, was weer ‘n groot sukses, met motorfietse vir Afrika wat deelgeneem het – om nie eens van die enorme hoeveelheid sagte speelgoed vir liefdadigheid te praat wat aan die motorfietse vasgebind was nie! In sommige gevalle wonder ‘n mens waar die motorfietser nog gaan sit.
Volgens beskikbare inligting het hierdie projek moontlik in 2014 in Stanford begin, waarna dit na die Kaap en later regdeur Suid-Afrika posgevat het. So kort voor Kersfees ontvang groot getalle kinders sagte speelgoed – en dit is nie afskeep- of tweedehandse speelgoed nie, inteendeel! Groot waardering teenoor die motorfietsmanne en -vroue: julle bewys gereeld dat julle bikers met sagte harte is waar dit by liefdadigheid kom.
Hardus Botha






























