Home Community Du Toitskloof Topwyne kroon op Wynproegilde Jaarafsluiting

Du Toitskloof Topwyne kroon op Wynproegilde Jaarafsluiting

220
0

Na die verwelkoming tydens Gansbaai Wynproegilde se Jaareindfunksie, het voorsitter Japie Spies sy vooraf verspreide jaarverslag met die lede bespreek – aangesien die jaarafsluitingsfunksie ook die Algemene Jaarvergadering is. ‘n Mandaat is verleen dat die 2025-bestuur onveranderd in 2026 voortgaan: Japie Spies (Voorsitter), Marmara de Klerk (Sekretaresse), Nelleke Ferreira (Tesourier), Hardus Botha, Charl Terblanche, Ian de Wit en Anne-Marè de Wit. Japie het sy dank uitgespreek teenoor die bestuur, gildelede en Susan Visagie en haar personeel van die Great White House. “Mag elkeen van u hierdie Kerstyd die genade en seën van ons Verlosser ervaar – en goeie wyn geniet saam met familie en vriende,” het hy gesê.
Daarna was die aanbieders aan die beurt: Francois Naude, gebore in Pretoria en seun van die bekende wynmaker Francois Naude (Snr), is sedert 2025 Bemarking- en Uitvoerbestuurder by Du Toitskloof. Riana Wium, kunsonderwyseres en galery-eienaar van Piketberg, is sedert 2024 Proelokaal- en Geleentheidsbestuurder.

Francois het die proe-geleentheid met ‘n keur van Du Toitskloof se wyne aangebied: Sauvignon Blanc Brut Sparkling en Brut Rosé Cap Classique (verwelkomingswyne), Sauvignon Blanc (2025), Chenin Blanc (2025), Old Vine Chenin Blanc (2023), Granite Pinotage (2024) en Dimension (2024), Quest Two (2020), met Hanepoot Jerepigo (2022) en Red Muscadel (2020) saam met die nagereg. Die beste rooiwyn van die aand was die Quest Two rooiwyn (2020), wat ook as Wyn van die Aand gekies is. Sjef Chris Pead het die jaarafsluitingsmaal perfek gekombineer met die wyne: Voorgereg – Nut Dukkah; Hoofgereg – Grilled Gammon Steaks; Nagereg – Santa Hat Brownies, Festive Lemon Tart & Pistachio Ice Cream.
Geskenke is oorhandig as waardering: Bestuurslede – ‘n spesiale Cabernet Franc (2029) van Druk My Niet, geskenk deur Japie; Francois en Riana – Gansbaai Wynproegilde-voorskote, geborg deur Deon en Erika Oosthuizen; Lede wat alle byeenkomste bygewoon het; Great White House personeel, spesiaal bedank deur Marmara de Klerk.
Met 2025 agter die rug kan voorsitter Japie Spies en sy span met trots terugkyk: die Gansbaai Wynproegilde groei steeds van krag tot krag, met gesellige en leersame byeenkomste van die hoogste gehalte – baie geluk aan Japie en sy span.

Hardus Botha

Previous articleToy Run 2025 vir Liefdadigheid
Next articleGratitude and Deepest Appreciation After Weeks of Devastating Fires

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here