Franskraal Rolbalklub: Die naweek se twee groot Rolbaldae

0

  Franskraal Rolbalklub het Vrydag, 17 en Saterdag, 18 September 2021 twee groot rolbaldae aangebied.  Na Saterdag se wedstryd het die groep met 'n gesellige braaivleis afgesluit.  Met die groot aantal foto's van die wenners, moes enkele aksie-foto's maar oorstaan. Vrydag was dit die Alison Coetzee Audiology Toernooi wat in Franskraal deur die klub aangebied is.  Die dag is deur Alison...

Gansbaai se 100ste ‘verjaarsdag’

0

21 Oktober 2021- Gansbaai se 100-jarige verjaarsdagvieringe begin op 21 Oktober 2021 - en dis net die begin, of sal mens kan sê: “Die 'launch' van die feesvieringe!”  Van daar af word dit oorweeg om Gansbaai se verjaarsdag oor die daaropvolgende 100 dae te vier, met die fokus op aktiwiteite gedurende naweke.  Die idee is om daarmee soveel mense as...

Gansbaai Gholfklub

0

Bev Swart palm Enkel Stableford in Saterdag 18 September 2021 was dit Bev Swart se beurt om die Enkel Stableford kompetisie met 36 punte in te palm. In dieselfde kompetisie teken Joe Cesare 'n Spog Twee aan op putjie no 11, asook Johan Pfister, ook op putjie no 11. George Hunt wen Woensdag se Sloegterskompetisie met 41 punte en teken terselfdertyd 'n...

Uitsonderlike ou motors ‘vinnig’ te sien

0

-Erfenisdag, 24 September 2021- Erfenisdag op 24 September 2021 word gevier met uitsonderlike ou motors op 'n spesiale roete,” vertel Mimi Finestone van Suid-Kaap Oumotorklub (SKOMK).  “Die roete sal onder andere deur Baardskeerdersbos, Gansbaai, Caledon, Franschhoek en Villiersdorp strek, met Worcester as die dag se eindbestemming.”  B'Bossers en Gansbaaiers kan gerus op die uitkyk wees vir hierdie 26 uitsonderlike ou...

Overberg Kushengelklub:

0

“Die weer het aanvanklik mooi saamgespeel met 'n lekker sonnige dag,” vertel Elba Tredoux van Overberg Kushengelklub.  “Ongelukkig het die wind gedurende die middag sterk opgekom en was dit nie aangename hengelweer nie.” Saterdag 11 September 2021 was dit die klub se maandelikse hengelkompetisie, ongeag die sterk en onplesierige wind.  Die wenner vir die dag was Piet Groenewald met 'n pragtige...

Gansbaai Gholfklub: Cecil en Joe

0

Cecil en Joe stap met 4BBB-louere weg Die spanmaats, Cecil Galloway en Joe Cesare het Saterdag 11 September 2021 die 4BBB Stableford met 45 punte gewen het.  Solly Wessels teken in dieselfde kompetisie 'n Spog Twee op putjie no 17 aan. Woensdag 8 September:   Phillip Taylor wen die Sloegterskompetisie met 40 punte, gevolg deur Cecil Galloway 38, Wally van Coller 37, Clive...

Gansbaai Posduifklub:

0

Wedvlug is afgelas Verlede week het ek verwys na ons langste wedvlug van die jaar vanaf Bloemhof en Modderrivier.  Die wedvlug moes as gevolg van swak weersomstandighede afgelas word en na die volgende week uitgeskuif word.  Die bestuur het die besluit op grond van weervoorspellings geneem.  Met verlede Saterdag se weer in gedagte, kan u as leser self besluit of...

Franskraal Rolbalklub Toernooie

0

Bonnievale en Worcester se Rolbal Toernooie Rolbalspelers van Franskraal Rolbalklub het verlede naweek onderskeidelik in Bonnievale (dames) en Worcester (manne) aan twee Rolbal Toernooie deelgeneem. In Bonnievale was dit die Build & Save Lentetoernooi wat op Saterdag 4 September 2021 aangebied is.  Die dames wat die klub daar verteenwoordig het, is Lani Swart, Diane Roodman en Renet Grobler.  “Ongelukkig het ons...

Gansbaai Gholfklub: Cecil Galloway ‘blom’ op Lentedag

0

Cecil Galloway 'blom' op Lentedag Cecil Galloway het rustig vir Lentedag op Woensdag 1 September 2021 gewag en palm toe die Sloegterskompetisie met 37 punte in en as 'n ekstra 'blommetjie' teken hy terselfdertyd 'n Spog Twee aan op putjie no 8. Dit was onlangs maar 'n droewige tydjie vir al ons gholfers met die klub wat vir 'n week gesluit...

Gansbaai Posduifklub:

0

Die weer en Gansbaai se duiwe Weerstoestande het 'n groot invloed op vliegduiwe, tog is daar soms 'n verrassing.  Verlede week was so 'n naweek toe die duiwe op Britstown (590km) losgelaat is.  Teen alle verwagtinge het die duiwe al om 13:44 in Gansbaai aangekom. Indien mens die paar dae voor Donderdag se mandjie-aand in ag neem, was dit maar koud,...